Kinders onder 14

Kinders onder 14

Kinders onder 8 (u/8) – R120 entry
  • Seuns en Dogters neem in een klas deel
  • Onderskei tussen quads en bikes – QA vir quads en TA vir bikes
  • NB: maksimum 200cc bikes!
  • Hulle ry 3 rondtes op die klein ±3km baan – dus ongeveer 9km
  • Die baan het nie ernstige slote of hobbels nie – sou die kind ’n meer uitdagende baan wil ry, moet hulle teen die onder 10 kinders in die 15km race deelneem
  • GEEN OUERS of ouer boeties of sussies mag saam met die kinders race nie – daar is veld beamptes wat saam met die deelnemers sal ry om hulle by te staan

Kinders onder 10 (u/10) – R120 entry
  • Ons onderskei tussen seuns en dogters en ook tussen quads en bikes
  • QE vir quad seuns en QD vir quad dogters
  • TE vir bike seuns en TD vir bike dogters
  • NB: maksimum 200cc bikes!
  • Hulle ry 3 rondtes op die medium±5km baan – ongeveer 15km in totaal
  • Die baan het so paar slote, vlak genoeg vir die ouderdom kinders om te hanteer (daar is nie ’n ander baan vir die ouderdom kinders nie, tensy hulle teen onder 14’s wil deelneem)
  • GEEN OUERS of ouer boeties of sussies mag saam met die kinders race nie – daar is veld beamptes wat saam met die deelnemers sal ry om hulle by te staan

Kinders onder 14 (u/14) 15km race – R120 entry
  • Onderskei tussen seuns en dogters en ook tussen quads en bikes
  • QB vir quad seuns en QC vir quad dogters
  • TB vir bike seuns en TC vir bike dogters
  • NB: maksimum 200cc bikes!
  • Hulle ry 3 rondtes op die medium baan – ongeveer 15km in totaal
  • Die baan het so paar slote, vlak genoeg vir die ouderdom kinders om te hanteer – sou die kind ‘n meer uitdagende baan wil ry moet hulle vir die PA resies inskryf
  • Deelnemers kan vir twee renne inskryf – hulle kan hierdie klein baan ry en wel later die PA baan ook. Die deelnemer sal dus R120 vir die resies PLUS R180 vir die PA resies betaal.
  • GEEN OUERS of ouer boeties of sussies mag saam met die kinders race nie – daar is veld beamptes wat saam met die deelnemers sal ry om hulle by te staan

Die spesiale baan race vir kinders onder 14 (u/14) 4x12km=48km – R180 entry
  • Kinders wat te klein is om in die onder 18 (u/18) race op die groot baan te ry, maar te ervare is om net die 15km race te ry, skryf in die klas in
  • Hierdie kategorie is ideaal vir kinders wat ondervinding tussen ander meer ervare jaers wil opdoen
  • Hier is nie 'n beperking op die fiets grootte nie, maar die kind moet wel instaat wees om die fiets te hanteer want hierdie baan het verseker sy uitdagings!
  • Die deelnemers gaan uit op die groot baan, maar draai vroeër om (kyk uit vir die aanwysing van waar om te draai!) – dus net ‘n gedeelte van groot baan word gery – ons verwys na die PA baan
  • Elke rondte is ongeveer 12km en daar word 4 rondtes gery - dus die 48km race
  • Ons onderskei tussen quads en bikes
  • PT vir bikes
  • PQ vir quads
  • Ons onderskei nie tussen seuns en dogters nie, maar indien 'n dogter in die klas inskryf moet dit net op die vorm aangedui word
  • GEEN OUERS of ander ondersteunende persone mag saam met die kinders ry nie omdat dit 'n groter risiko veroorsaak as wat dit die kinders veilig hou.
Maak seker jy skyf by die regte kategorie in! Jy gaan kompeteer in die wedren waarvolgens jy en jou fiets gemerk is – die verantwoordelikheid rus by jou om seker te maak jy vul die regte vorm in en dat jy met die dienooreenkomstige merkers/wedren nommers deelneem.

Please make sure that you enter into the correct category! You will race in the category that you and your bike is marked for – the responsibility rests with you to make sure that you complete the correct form and use the correct markers/race numbers as per your registration form.

Kategorieë

QUADS / ATV