Die 4 verskillende bane

Die 4 verskillende bane

Daar is 4 verskillende bane – soos volg (please refer to the category section for more details on the different categories):

Die klein-baan/The small track:

'n Baie maklike baan van ongeveer 3km vir die klein o/8 kinders op klein quads en bikes van 0-200cc. Deelnemers doen slegs 3 rondtes – dus ‘n totale wedren van ongeveer 9km. Geen ouers of ouers boeties of sussies word op die baan toegelaat nie. Inskrywingsfooi is R120 per deelenemer.


This is a very easy track of about 3km for the little u/8 children on small quads and bikes 0-200cc. Participants do 3 laps, thus an approximate 9km race. No parents or brothers/sisters allowed on this track. Entry fee is R120 per participant.

Die medium baan/The medium track: 


‘n Bietjie moeiliker baan van ongeveer 5km vir o/10 en o/14 kinders op klein quads en bikes 0-200cc. Deelnemers doen 3 rondtes – dus ‘n totale wedren van ongeveer 15km. Geen ouers of ouers boeties of sussies word op die baan toegelaat nie. Inskrywingsfooi is R120 per deelenemer.


This is a slightly rougher track of about 5km for the little u/10 and u/14 children on small quads and bikes 0-200cc. Participants race 3 laps, thus an approximate 15km race. No parents or brothers/sisters allowed on this track. Entry fee is R120 per participant.

Die groot baan/The main track:

Hierdie is die groot baan vir die hoof resies met die R300 inskrywingsfooi per deelnemer. Die baan is ongeveer 30km per rondte – mans en seuns o/18 doen 4 rondtes (dus ongeveer ’n 120km wedren) en die dames en dogters doen 3 rondtes (ongeveer 90km wedren). Daar is wel vir mans oor 50 ’n Mans Meesters klas waar slegs 3 rondtes gery word. Verwys na die kategorie afdeling vir meer besonderhede oor die kategorieë. Die baan het tegniesie gedeeltes met baie styl opdraendes, uitdagende afdraendes en ook reguit stukke waar tyd opgemaak kan word. Iets van alles!

NUUT: Hier is van 2019 af 'n kategorie vir kinders o/16 wat op die groot baan slegs twee rondtes doen - dus ongeveer 70km resies teen R220 per deelnemer. Let wel dat die deelnemer se bike/quad sterk genoeg moet wees om die rondtes van die baan te kan voltooi.

This is the track for the main race for which entries are R300 per participant. The track is approximately 30km per lap – men and boys u/18 race 4 laps (thus 120km race) and ladies and girls over 16 race 3 laps (thus 90km race).  We also have a Men’s Masters class for men over 50 who would like to do 3 laps instead of 4 as per the Men’s Veteran class. Refer to the categories section below for more details. The track has technical bits with challenging ups and downs but also enough straights where time could be won. Something for everyone!
NEW: We have a new category as from 2019 for kids u/16 where they do two laps on this main track - thus approximately 70km race at R220 per participant. Note that the participant's bike/quad has to be strong enough to complete the full track.

Die PA baan/The PA track:


Hierdie is baan is vir kinders o/14 wat nog nie die volle 30km laps kan race nie, maar ook al te veel ondervinding het vir ons klein en medium bane. Die doel van die baan is om vir die kinders ook geleentheid te gee om ondervinding op te doen. Hierdie deelnemers gaan uit op die groot baan, maar draai vroeër en voltooi dan ’n korter gedeelte van die groot baan (kyk uit vir die bord wat wys jy moet draai). LET WEL dat GEEN OUERS saam met kinders hierdie baan kan ry nie. Inskrywingsfooi is R180 per deelnemer.


This is an approximate ¼ of the main track for children u/14 who cannot yet do the full 30km lap due to technical difficulties but needs more of a challenge than the 15km race. The ideal track to gain experience in racing. The participants would go out on the big track but would turn sooner (look out of the turn-off sign) and thus complete a shorter section of the main track. PLEASE NOTE: absolutely not parents or brothers/sisters are allowed to chaperone participants on this track. Entry fee is R180 per participant.

Kategorieë

QUADS / ATV