Aanwysings

Aanwysings

Boschkop oord is geleë langs die Vaaldam direk op die R54 tussen Vereeniging en Villiers. Daar is ‘n Veldren bord bo teen die teerpad asook ‘n blou Boschkop Oord bord met wit letters. Die afdraai is direk van die R54 – 3km verby Vaal Marina afdraai in die rigting van Villiers.

Vanaf Vereeniging:
By die Fourways/Total garage en SuperSpar – neem die R54 Villiers pad (Vaal Marina route) en hou reguit aan met die pad totdat die Boschkop Oord afdraai op regterkant kry – sowat 38km in die rigting Villiers.

Vanaf Heidelberg:
Ry met die R23 om die dorp in die rigting van Balfour – net verby die Indiër plaza neem die afdraai regs – die R549 Vaal Dam pad en ry tot by die R54 kruising (let wel gaan OOR die Vereeniging/Balfour kruising), draai links op R54 in die rigting van Villiers, ongeveer 15km reguit op die R54 totdat die Boschkop Oord afdraai op regterkant kry.

Vanaf Villiers:
Die R54 kruis die N3 – draai af op die R54 rigting Vereeniging. Vanaf die N3 ongeveer 38km reguit op die R54 is ons afdraai op linkerkant. Ons is 3km VOOR Vaal Marina wanneer jy van die kant af kom.

Kategorieë

QUADS / ATV