Veldren 2020 is gekanselleer - die volgende Veldren is dus eers weer dv 11 September 2021

Die boere van die Suikerbos Distriksboereunie en Bloekomspruit Boerevereeniging bied sedert 2005 jaarliks die Boschkop Lente Veldren aan. Die Lente Veldren vind gewoonlik op die tweede Saterdag in September plaas.

Ongelukkig is die boere genoodsaak om Veldren 2020 te kanselleer weens die onseker omstandighede en ekonomiese gevolge van die grendelstaat.... Reserveer asb steeds dv die 2de Saterdag van September vanaf 2021 vir wanneer ons weer ons jaarlikse veldren mag aanbied.

Alle voornemende deelnemers moet kennis neem dat hierdie Veldren begin is met die doel om alle motorfiets of quad eienaars wat graag die blootstelling aan so resies wil hê, die geleentheid op daardie blootstelling te gee. Daar is dus baie beginners wat aan hierdie Veldren deelneem en ons vra dat die meer ervare en ernstige jaers hierdie deelnemers sal respekteer.

Daar word verder ook vir kinders onder 18 geleentheid gegee om aan die Veldren deel te neem asook kinders onder 14 wat 'n gedeelte van die groot baan ry – hierdie is die ideale platform vir beginners om ondervinding op te doen. Alle deelnemers moet dus ten alle tye bedagsaam wees en oplet na ander deelnemers ook en nie selfsugtig wees nie.
Verder moet almal ook vooraf kennis neem dat daar by hierdie Veldren bikes sowel as quads en side-by-sides/pypkarre op dieselfde baan ry, alhoewel hulle nie saam wegspring nie. Die bikes spring reeds 09:30 weg en die Quads/ATV’s eers 12:00, maar dit gebeur wel dat daar van die bikes is wat nog nie die Veldren voltooi het teen die tyd wat die Quads/ATV’s wegspring nie. Die biker kan dan belsuit of hy steeds saam met die Quads/ATV’s wil ry en die wedren wil voltooi en of hy wil ophou, maar neem net kennis dat daar wel vir 'n gedeelte van die wedren wel bikes en Quads/ATV’s saam op die baan gaan wees.

Die funksie word gehou op die Boschkop Hengeloord terrein, geleë op die R54 Vereeniging/Villiers pad, 3km vanaf die Vaal Marina afdraai in die rigting van Villiers.

Ons hekke is reeds die Vrydag voor die veldren oop vir alle deelnemers/besoekers wat solank wil kom kamp opslaan en dinge in orde kry.

Groot verskeidenheid klasse - met kinders onder 14 alternatiewe bane


Kategorieë

QUADS / ATV

Ons Borge

Client 1

Aanwysings

Boschkop oord is geleë langs die Vaaldam direk op die R54 tussen Vereeniging en Villiers. Daar is ‘n Veldren bord bo teen die teerpad asook ‘n blou Boschkop Oord bord met wit letters. Die afdraai is direk van die R54 – 3km verby Vaal Marina afdraai in die rigting van Villiers.